
=====================================================================
Afrikaans gaan met lus skool! (AV 6:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Afrikaans gaan met lus skool!

    OP 16 Oktober vanjaar het die onderwysers van Oos-Londen die koue van die Oos-Kaap getrotseer ter wille van die stigting van die laaste 
van tien Onderwysersforums vir Afrikaans. Di belangrike geleentheid het in die Hudson Park Horskool plaasgevind.

Di geleentheid het gevolg op twee ander baie suksesvolle byeenkomste wat ook vanjaar gehou is. By die Universiteit van Pretoria is op 19 
Junie 'n groot seminaar gehou om die vroere stigting van die nege ander provinsies se Afrikaanse Onderwysersforums te vier. Die nege 
voorsitters -- elke provinsie is verteenwoordig deur 'n voorsitter -- is bekend gestel. Gauteng se onderwysers het die voorsitters ontvang.

Noordelike Provinsie se forum is op 22 Augustus 1998 gestig. Sedertdien het die onderwysers in Zebediela onder die leiding van Sam Ramonyai 
nooit opgehou met aktiwiteite in Afrikaans nie. Eers is drie busse vol van hulle na 'n seminaar by Tukkies, toe is kompetisies gerel vir 
leerders van Afrikaans op Zebediela en op 8 September is op Zebediela nog 'n seminaar gehou wat moontlik gemaak is met die hulp van die SvA 
en ander borge. Di onderwysers se ywer vir Afrikaans het alle verwagtinge oortref toe hulle boonop op 10 September die Lenteseminaar by 
Tukkies bygewoon het. Ons s ook opreg dankie vir die Zebediela-landgoed vir hul steun.

Elke jaar gaan in een van die provinsies 'n groot byeenkoms gerel word. Wisselwerking deur die uitruil van idees sal tussen die provinsies 
se forums aan die gang gehou word -- 'n soort kruisbestuiwing. Die taal bly lewendig as daar mense is wat geesdrif rondom taal, kuns en 
kultuur behou en bou.

Ons het finansile, maar ook fisieke steun dringend nodig vir die waardevolle werk om voort te gaan. Skakel asseblief die Stigting vir 
Afrikaans as u hulp wil verleen.   Olga Sema, trusteelid van die SvA en sameroeper van die Onderwysersforums.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6412.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Desember 1999 /// Feeswense (AV 6:4) /// Gehegtheid aan taal moet opnuut 
geskep word. (AV 6:4) /// Bokke (AV 6:4) /// Afrikaans reik uit na ander gemeenskappe (AV 6:4) /// Hulle laat selfvertroue en aanleg blom 
(AV 6:4) /// Voorsitters (AV 6:4) /// Om saam te neem vir die 21ste eeu (AV 6:4) /// Berese en gelese webwerf (AV 6:4) /// 'Ons baklei om 
Afrikaans relevant te hou' (AV 6:4) /// Aanwins vir die tweedetaaldosent (AV 6:4) /// Ly die Afrikaanse letterkunde aan J2K? (AV 6:4) /// 
Afrikaans gaan met lus skool! (AV 6:4) /// Moedertaal doen flinke WWW (AV 6:4) /// 'n Kaapse skaap (AV 6:4) /// Regering en Taalklousule 
(AV 6:4) /// Die tas (AV 6:4) /// Dit gaan goed met die WAT (AV 6:4) /// Hier word woorde gevier (AV 6:4) /// Ver van die einde aan ons 
woorde (AV 6:4) /// Jong skrywers word besiel en geleer (AV 6:4) /// Afrikaans in Namibi: die voor- en teenspoed (AV 6:4) /// Slaggate vir 
Afrikaans op skool (AV 6:4) /// Te vet (AV 6:4) /// Afrikaans in spreekkamer en by siekbed (AV 6:4) /// Multikulturaliteit gaan groot rol 
speel (AV 6:4) /// Besoek aan Ratanga pretpark (AV 6:4) /// Afrikaanse taalkunde in Belgi bespreek (AV 6:4) /// Skep 'n ware paradys vir 
boeke! (AV 6:4) /// Die noodlot (AV 6:4) ///

